25/10/2025
Welkom by ons trou webtuiste waar liefde, lag en lekker info wag!
Hier kry jy alles van uitnodigings en wie ons is, tot antwoorde op daardie skelm vrae wat jy dalk wou vra.
Blaai gerus rond en maak jouself tuis – ons kan nie wag om saam met jou te vier nie!
countdown Timer Expired
Ons het mekaar vir die heel eerste keer op 10 Augustus 2013 ontmoet voor 'n opwindende rugbywedstryd tussen die Cheetahs en die Lions, Ben was Bianca se buurseun se beste vriend en hulle moes saam ‘n kar deel op pad Ellis Park toe. Die atmosfeer was vol energie en gees, die reis lank en tussen die gejuig van die skare en dreun van die motor het ons oë vir die eerste keer ontmoet en weg gekyk. Daardie oomblik het iets besonders begin wat eers baie jare later sou groei tot iets baie kosbaars.
Na ‘n paar keer teveel oor die muur kyk, ‘n paar maande se aan-en-af gesels en baie geduld het Ben uiteindelik Bianca gevra of sy die Vrydag aand 25 Augustus 2020 iets wil doen. Ons het ‘n lekker aand gehad by Urban Eatery en Bianca het die pizza en chilli’s gewaag om vir Ben te wys dat sy nie bang is vir brand kosse of gluten nie. Van daardie aand af en ‘n paar avonture later het ons ‘Facebook official’ geraak daardie Oktober.
Hy het gevra? ..Sy het Ja gesêMet die lewensdraaie en sy kronkelpaaie, het Ben werk gekry in die Kaap en hy moes aftrek. Ons het ‘n jaar lank ‘n langafstand verhouding probeer onderhou en met tye was dit moeilik, ons albei se toewyding en vertroue het bewys dat liefde enige toets weerstaan. Ben het besluit om sy knieg te ‘knak’ onder Bianca se neus en koop toe die ring sommer skelm terwyl sy vir hom kom kuier het. Na ‘n baie lang wag het hy haar verras op haar verjaarsdag met foto sessie en paar groot geskenke waarvan die grootste een; ‘n vraag was met die opsie vir ‘n ring en leeftyd saam hom. Natuurlik, het sy ja gesê!